Baie dankie vir die video, dit is baie nice en ons het dit baie geniet. - Andries & Mirandi
‘Chris was great to work with; he always made us feel very comfortable despite neither of us being the biggest fans of attention! We are very happy with the final product and can’t wait to show our kids one day.’
- Etienne & Susan Groenwald -
Ons wil net vreeslik baie dankie sê vir al jou moeite met die trou dvd. Ons is regtig baie tevrede daarmee. Dit is wonderlik om weer te kan kyk na die aand se gebeure en weer die toesprake te luister en sommer net weer die aand te herbeleef. Ons kan sien dat jy baie moeite daarmee gedoen het. Dankie ook vir jou vriendelikheid op die groot dag en dat jy ons so gemaklik laat voel het.
Ons waardeer alles baie
- Arno & Katrien Kitshoff_
Baie dankie Chris vir die amazing trou video. Dit het ons hoë verwagtinge oortref! Ons waardeer regtig al die moeite wat daarin gegaan het en is mal oor die elgante en stylvolle wyse waarop jy dit gedoen het. Jy het ons regtig op ons gemak laat voel op die dag en jou vriendelike persoonlikheid het als net soveel makliker gemaak. Dit was 'n plesier om jou as ons videograaf te gebruik en beveel jou aan vir enige iemand, want ons weet hulle sal gelukkig wees met die eindproduk!
-Monique & Albert Janse van Noordwyk-
Thanks so much for the amazing DVD, we really loved it! It was so
special to see everything again, there where even some things
we saw for the first time on the DVD, it was an absolutely
incredible day, and we think you captured it beautifully! Thank you very much! We will tell all our soon to be married friends about you!
Thanks very much!
Ryan and Sara Best!
“ Dit klink soos ‘n cliché maar ons troudag was hemels en een vd baie persone wat bygedra het was definitief ons videograaf! Chris se styl het ons gepas soos ‘n handskoen, want hy laat ‘n mens totaal op jou gemak voel en skep ‘n baie relaxed atmosfeer. Dis ‘n baie uitputtende dag met al die ge’pose’, so om ‘n videograaf te he soos Chris, was great! Uitstekende waarde vir geld!”
Ruben & Lulaine
'n Ongelooflike dankie vir die kosbaarste herinnering aan ons Tineke-kind se troue. Die dvd is al óór en óór gekyk en nóg het ons nie genoeg gehad nie. Weet jy, Chris, hoe absoluut special dit is om nou ook te weet presies hoe die dinge by die photoshoot verloop het toe ons nie by was nie - veral dáárdie deel en die seremonie maak my hart warm! Ek ken nou-al die dominee se woorde uit my kop uit!
Dankie dat jy jou ding so presies kon doen, ten spyte daarvan dat jy altyd gesorg het dat Charl voorkeur kry met sy foto-nemery.
Dit was 'n enorme voorreg om Raymond en Tienka se troue met iemand so professioneel, maar tog warm, soos jy te kon deel. Om jou in die team te hê, wens ek élke bruid op haar groot dag toe.
Dérilie Vermeulen-(Ma van Tineke)
Ons wil net ongelooflik baie dankie se vir die wonderlike
werk wat jy gedoen met ons trou DVD.
Daar is baie moeite ingesit en dit lyk absoluut pragtig.
Dit was lekker om saam met jou te werk en ek sal jou
aanbeveel vir enige iemand.
Baie dankie weereens
Groete
Darius,Yolande en Ouers
- Wil ook net se die DVD is baie cool en ons het dit baie geniet en sal dit ook in die toekoms nog baie geniet. Baie dankie vir die harde werk – ons waardeur dit.
Albert & Jenny-Lee